7 dae gelede
Fans hartseer oor Dakota se nuwe, perfekte glimlag
ALTE WULPS: Daardie oulike gap in Dakota Johnson se mond is nou weg.Foto:getty images  ~ 

SY IS baie pragtig en die gap tussen haar tande was haar trademark.

Dakota Johnson (29) is bekend vir haar gewaagde movie Fifty Shades of Grey.

Sy was net so bekend vir daai sexy gap tussen haar tande. Maar dié gap is skielik nou witweg. Turns out haar tande was stywer vasgebind as sy in daai movie.

Sien, sy het ’n tandstabiliseerder gedra. Haar tandarts het die ding toe uitgehaal – en haar bekende gap is nou skoonveld.

Dakota sê: “Ek het sedert ek 13 jaar oud was ’n retainer agter my tande gedra.

“Ek het die laaste ruk baie nekprobleme gehad en my tandarts het besluit om die retainer uit te haal. Sy wou sien of my kakebeen sou uitsit.”

Dit het gewerk en die gap is weg.

“Dit het vanself verdwyn, maar nou is ek hartseer daaroor,” bieg sy.

Haar fans het onlangs agtergekom die gap is weg toe sy in haar nuutste movie, The Peanut Butter Falcon, verskyn het. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters