5 maande gelede
‘Fake drake’ kap terug
GESPIERD: Drake sê sy abs is nie fake nie. Foto: instagram  ~ 

JULLE, moenie kom vertel Drake se six-pack is fake nie.

Die “God’s Plan”-rapper het ’n kaalbolyf-foto van homself op Instagram geplaas waar hy by ’n tropiese bestemming die niet in staar.

Hoewel sekere mense se monde water oor die rapper se gespierde torso, meen ander hy het vir dié six-pack onder die mes gegaan.

Die geskinder oor Drake se abs het begin nadat sy close vriend DJ Carnage geskimp het dat Drake surgery gehad het. Die kastige vriend het ge-comment: “Jy het fake abs surgery in Colombië gekry.”

Maar Drake het nie toegelaat dat hy in die gesig óf maag gevat word nie.

Die “In My Feelings”-rapper was gereed met ’n savage comeback.

“Is dit oor jy kwaad is oor daai ding wat anderdag gebeur het met daai een wat jy gedink het is jou wifey?”

Drake het toe vinnig getune hulle is eintlik tjommies... maar dié comments is mos heeltemal te spicy! Kom ons kyk maar hoe dinge verder ontwikkel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters