17 dae gelede
Emo dink mooi voordat hy kies
HOERA! Die aanbieders van Maak My Famous, Tarryn Lamb en Emo Adams, saam met die vier acts wat na die top-20 deurgedring het.  ~ Foto Verskaf

DIE tweede episode van Maak My Famous II was Woensdagaand vol opwinding.

Emo Adams, aanbieder en uitvoerende vervaardiger van die talentprogram, het besluit om nie sy tweede Emo ticket te gebruik nie, wat beteken dat net vier deelnemers na die top-20 deurgedring het.

“Ek het ál my mentors geroep om my te help met die besluit.

“Ons het gekyk na wie alreeds deur is en of jy dieselfde talent wil multi­ply en of jy met ’n meer diverse top-20 wil uitkom.

“Ek was net nie seker of enige iemand in daai episode moes deurgaan nie. Usually wanneer ek in doubt is, trust ek net my gut.

“Ek was onseker oor twee mense en ek wou net nie die een bo die ander kies nie,” verduidelik Emo.

Hier is die vier deelnemers wat deurgedring het na die top-20.

  • Rikus Pieters (18) van Kimberley;
  • DFEAT (26) van Kuilsrivier;
  • Jade Engelbrecht (24) van Mitchells Plain; en
  • Ayden (24) en Tamaryn (21) van Namibië.

Maak My Famous word elke Woensdag om 20:00 op kykNET en 21:00 op kykNET & kie uitgesaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters