6 maande gelede
Emilia praat oor operasies
pragtig: Emilia Clarke is steeds so sexy soos altyd. Foto: wallpapersmug  ~ 

EMILIA Clarke kon nie na haarself in die spieël kyk nadat sy ’n breinoperasie ondergaan het nie.

Dié 32-jarige ster van Game of Thrones het twee operasies – een in 2011 en nog een in 2013 – ondergaan vir ’n brein-aneurisme. Dis wanneer ’n knop of swelsel in ’n slagaar van die brein vorm.

Sy het onlangs in ’n essay, vir die New Yorker, die eerste keer hieroor gepraat. Sy noem daarin hoe dit haar selfvertroue en hoe sy na haarself gekyk het, beïnvloed het.

Aangesit

Ook in ’n onlangse onderhoud met Stylist het die Britse aktrise gesê sy kon nie na haar eie gesig kyk ná die operasie nie.

“My emosies was baie hoog. As ek in die spieël gekyk het, het ek net pyn in my oë gesien. Dit was baie moeilik. Ek het make-up aangesit sonder om in die spieël te kyk, en dit het my sekerlik erger laat lyk.

“My gesig het nie verander nie, maar my feelings oor myself het verander. As jy na jouself in jou oë kyk en jy voel goed, wat het jy nog nodig?”

Sy het die eerste keer op 24 ’n aneurisme gehad wat ’n beroerte veroorsaak het. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters