17 dae gelede
Emilia gee details oor got
Classy: Emilia Clarke was in ’n baie goeie mood.Foto: mega  ~ 

EMILIA Clarke het soos altyd baie classy gelyk.

Khaleesi het op Jimmy Kimmel Live! verskyn en oor die reeks Game of Thrones gepraat.

Sy het by die studio opgedaag met twee elegante outfits.

Die 32-jarige Britse aktrise het eers ’n pragtige polkadot-nommertjie aangehad en later ’n pers top met sequins en ’n deftige terracotta skirt.

Langste

Die aktrise was in ’n goeie mood voor die show en het selfs fans getease met details oor die laaste episode van die supergewilde TV-reeks.

Die agste en laaste seisoen maak nou klaar.

Die derde episode, oor die epic Battle of Winterfell, was 82 minute lank – die langste van die reeks.

“Episode 5 is beter. Kry vir jou die grootste TV wat jy kan,” het sy aan Jimmy gesê.

Sy het vertel die derde episode is oor 55 nagte verfilm.

“Wat jy gesien het, is wat afgeneem is – bloed en modder en mense wat skreeu.”– Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters