3 maande gelede
Embrace hoe uniek jy is,sê Taylor Swift
Taylor Swift is onlangs weer deur 'n bekruipter ge
Taylor Swift is onlangs weer deur 'n bekruipter geteiken. Foto: Gallo Images/Getty Images  ~ 

TAY TAY het haar fans verras met ’n splinternuwe single.

Taylor Swift het Vrydagoggend ’n baie colourful liedjie, “ME!”, met ’n lekker beat uitgereik nadat sy haar fans maande lank getease het met haar nuwe projek.

Die popsangeres het so ’n paar clues op sosiale media gelos en haar fanatic fans het toe gespook om dit te ontsyfer sodat hulle haar volgende move kan uitpluis.

Op die song sing Brendon Urie van Panic! at the Disco saam met die blonde popster. Hierdie is haar eerste single van haar sewende studio album.

The Juice berig die ster het Donderdag in ’n onderhoud met Robin Roberts vertel die nuwe song gaan daaroor om ’n mens se individualiteit te embrace en dit opreg te vier.

Die “I Don’t Wanna Live For­ever”-sangeres het gesê: “Ek dink met ’n pop song het ons die mag om melodies in die kop te laat vassteek en ek wou hê hierdie een moet ’n song wees wat mense beter oor hulleself laat voel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters