Verlede maand
Elwira sien uit na Gfest
Elwira Standili sing by die Gfest.FOTO VERSKAF  ~ 

“WAAR ek nou is, is net die begin van my reis.”

Só vertel Elwira Standili van Worces­ter, wat ’n deelnemer was aan die 11de reeks van Idols SA.

Elwira borrel omtrent oor van blydskap en dankbaarheid, want dié kompetisie op TV het haar ’n platform gegee en baie deure in die vermaakbedryf oopgemaak.

Sy verklap sy is ’n “Pinksterkind, want sy het in die huis van die Here grootgeword”.

Geloof speel ’n baie belang­rike rol in haar lewe, en haar ouers is haar inspirasie.

“Ek werk nie baie in gospel nie, maar my begeerte is om ’n gospel­album op te neem.”

Elwira is een van die kunstenaars wat op 4 Augustus in die Ath­lone-stadion by die Cape­ Town Gfest/Unity Music Festival gaan optree. “Gospelmusiek is my roots. Ek kan nie wag om saam met die mense die naam van die Here te prys nie.

“Ons gospel is baie uniek – veral die koordans. Daar is krag is aanbidding om die Bose te oorwin.”

  • Bel David by 078 252 0345 oor optredes.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters