3 maande gelede
‘Ek wis nie sy’s swart’
twiet: Roseanne Barr is jammer dat sy pyn veroorsaak het.Foto: getty images  ~ 

ROSEANNE Barr het die eerste keer ná haar rassistiese twiets op TV gesê sy is nie ’n rassis nie.

Die grapjas het vroeër opslae gemaak toe sy gesê het Valerie Jarrett is ’n kruising tussen die Muslim Brotherhood en Planet of the Apes.

Jarrett is ’n voormalige adviseur van Amerika se voormalige president Barack Obama.

AP berig sy het op ’n show van Sean Hannity gesê sy is jammer oor haar “ill-worded” post.

“Dit het my alles gekos. Ek wens ek het beter woorde gekies.”

Sy het gesê sy wil vir Jarrett sê sy is jammer dat sy soveel leed en pyn veroorsaak het.

“Ek het nie bedoel om iemand seer te maak nie.”

Barr het gesê sy het nie geweet Jarrett is swart toe sy getwiet het nie.

Sy het die twiet ge-post oor Amerika se beleid met betrekking tot die Midde-Ooste. Barr het gesê sy was verstom oor die negatiewe reaksie op haar twiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters