2 maande gelede
‘Ek kan nie wag vir my prins’
Mammie: Christina Milian verwag haar tweede baba. Foto: popsugar.com  ~ 

SY MAAK nou reg vir haar babaseuntjie wat binnekort sy verskyning maak.

Die sangeres Christina Milian (38) se maag het duidelik gewys toe sy en haar berk – die musikant Matt Pokora – in Los Angeles gaan uiteet het. Haar nege-jarige dogter Violet, uit haar vorige huwelik saam met die rapper The-Dream, was ook saam.

Christina het baie vrolik gelyk in ’n wit minirok en sy sê sy “kan nie wag om die klein prins te ontmoet nie.” Hy word in die volgende paar weke verwag.

Ma en dogter het buite die eetplek in vriende vasgeloop en dit was duidelik hulle het die vinnige catch-up geniet.

Die “AM To PM” hit­maker het met PEOPLE gepraat en gesê dat sy ’n heerlike tyd by haar baby shower gehad het.

“Dit was so lekker om met ons naaste vriende en familie te kon meng. Ek en Matt kan nie wag om die klein prins te ontmoet nie.”

Die skoonheid sê sy geniet dit om verwagtend te wees en sy het nog nie morning sickness gekry nie.

“Alles is reg. Selfs my maag. Ek dra anders as toe ek my dogter verwag het.

“Dis ’n weird ervaring. Om ’n seuntjie te hê is pretty awe­some.” DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters