2 maande gelede
Dumisani vier sy 20ste
SO AMPER mondig: Dumisani celebrate sy birthday met ’n lekker show. Foto verskaf  ~ 

DIE gewilde gospelgroep Dumisani is vanjaar 20 jaar oud.

Die lede belowe hulle gaan dit behoorlik vier met ’n gejubel en gejuig.

“Dis deel van ons motto om mense te herinner aan ons erfenis en identiteit,” sê die groep se leier, past. Kevin Booysen.

Een van Dumisani se gewildste liedere is “Jy is Spesiaal”. Die koor lui: “Jy is ’n uitverkorene,/ God het jou baie mooi gemaak,/ en die Here is met jou.”

Kevin se broer Steven het dit geskryf vir vroue wat baiekeer voel hulle word nie waardeer nie.

Kevin sê die moeilikste tye vir die groep was toe daar ’n skeuring ontstaan het.

Hy sê: “Dit was nie maklik nie, want dis soos ’n familie. As dit nie vir die Here en gebed was nie, het ons dit nie gemaak nie.

“Die grootste uitdagings deesdae is om jou kinders groot te maak, want die vyand se aanslae is fel, maar die Here belowe Hy sal jou nooit verlaat nie.

Gasmusikante

“Ons is dankbaar vir die Here se genade. Plaas jou vertroue in die Here en wees standvastig.”

Dumisani se konsert 20 Years in One Night begin 18:00 vanaand in die Bellville Civic Theatre. Toegang kos R100.

Die gasmusikante is onder andere Danvin Booysen (Uitenhage, nie verwant aan Kevin en Steven nie), Chadleigh Gowar, Gerty Ryan, Joseph Bergh, Varonica Meyer, Craig Pienaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters