10 dae gelede
Drummer Lance diep dankbaar
LANCE RHODAFoto: GREGORY NOBLE  ~ 

“EK HET gesien dis nou die einde van my lewe.”

Só vertel die musikant Lance Rhoda van Retreat wat vir Emo Adams tromme speel.

Dis net “genade van Bo” wat hom en sy meisie gered het.

Lance was in Oktober 2018 by ’n ongeluk betrokke waarin albei sy bene gebreek is. Al waaraan hy kon dink, was of hy weer tromme sal kan speel.

Hy vertel: “ ’n Vrou het op ons afgepyl en het ’n kop-teen-kop-botsing veroorsaak.

“Die stuurwiel was op my bors en die desk board was op my bene. Dit was ’n geweldige slag en ek het gedink ek en my meisie is dood.”

Rhoda voeg by die volgende oomblik het hy in die hospitaal wakker geskrik en by die dokter gehoor sy bene is gebreek.

Verstom

Hy vertel: “Die operasie was ’n sukses. Ek moes ’n maand in die hospitaal deurbring.

“My geloof in God en die gebede van gelowiges het ’n groot rol gespeel.

“Die dokters was verstom oor my spoedige herstel.

“Vandag gee ek ál die eer aan die Here, want ek speel weer tromme en ek kan loop.”

Rhoda het ’n nuwe waardering vir die lewe en bedank sy ouers, apostel Vincent en Virginia, en veral Jamie-Lee, sy suster, wat hom so mooi versorg het.

Rhoda beplan ’n groot show met 1 000 drummers in Oktober om ’n wêreldrekord te breek.

  • Kontak Rhoda gerus by 073 435 0512.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters