4 maande gelede
Divide krimp danksy teater se programme
VARS TALENT: Ash-lee Louwskieter en jong Miguel Titus maak naam.  ~ Gregory Noble

DIE Kunstekaap Teater, in same­werking met die Wes-Kaapse departement van onderwys en die parlement, het sy program oor onderrig en opleiding bekend gestel.

Hy wil deur middel van die kunste deur die barriers breek wat in die land bestaan en die nasie nader aan mekaar bring deur stories te vertel wat ons versoen.

Dr. Marlene le Roux, direkteur van die Kunstekaap­ Teater, verduidelik hulle wil graag vir die kunstenaars die space skep om hulle stories te vertel.

“Dis ’n plek dié vir almal in ons mooi land, Suid-Afrika.

“Die Kunstekaap Teater was eers net vir ’n sekere groep mense in die land, maar dis vir ons belangrik dat ons ons diverse nasie bymekaarbring en saam ons drome uitleef en respekteer.”

Le Roux voeg by: “Die kuns­te speel ’n groot rol – en laat ons ook nie ons gestremde lede van die gemeenskap vergeet nie.”

Een van die dinge wat die Artscape aanbied as deel van sy onderrig- en opleidingsprogram, is Masidlale Grassroots.

“Dit is ’n program wat deur die Cape Town Philharmonic Orchestra-studente gedoen word. Hulle lei kinders van plekke soos Mamre, Pella en Atlantis op om die viool en blaasinstrumente te bespeel.”

Miguel Titus (13) van Pella is trots daarop om deel te wees van die program.

Die logistieke bestuurder, Ash-lee Louwskieter ,is weer baie opgewonde oor die jeug, wat ’n blink toekoms het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters