4 maande gelede
Dit is ciao, Italië, maar?...
Mohale Motaung en Somizi Mhlongo
Nuwe venue: Mohale Motaung en Somizi Mhlongo se derde troue in Italië is weens hulle vrees vir die corona-virus gekanselleer.  ~ Verskaf

SOMHALE se derde troue gaan nie meer in Italië plaasvind nie.

Die choreograaf en Idols SA judge, Somizi Mhlongo, en sy man, Mohale Motaung, soek weens die verspreiding van die corona-virus nou ’n venue in ’n ander land.

Die tweetjies het mos al twee spoggerige troues gehad.

Laat laas jaar was die tradisionele een en vroeër vanjaar die witte.

In ’n Instagram post skryf Somgaga: “Ons moet ons troue in Italië kanselleer weens die corona-virus-epidemie.”

Die epidemie het die flambojante Somgaga ’n blink idee gegee om nog spice na sy derde troue te bring: Mense moet maskers dra. 

“Ons soek ’n ander destina­tion, maar die dress code gaan Louis Vuitton-maskers insluit. Nes die red bottoms (Christian Louboutins-skoene), wat verpligtend was by ons wit troue.” 

Ja-nee, ek verwag niks minder van Somgaga nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters