22 dae gelede
Dís eintlik haar naam
sê dit reg: Rihanna se naam word eerder uitgespreek as “Re-Anna” en nie “Re-Ah-Na” nie.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

JULLE, ons sê die hele tyd Rihanna se naam verkeerd.

Die sangeres van “What’s My Name” het onlangs haar fans mooitjies geleer hoe om haar naam uit te spreek.

Dit lyk asof net die Britte die Grammy-wenner se naam reg uitspreek. Haar naam word eintlik as “Re-Anna” uitgespreek en nie “Re-Ah-Na” nie.

RiRi het haar in onlangse video’s vir Vogue voorgestel en nadat die video’s in die sosiale media ge­trend het, het die fans uitgewys hulle het die ster se naam nog die hele tyd verkeerd uitgespreek.

Eish, Re-Anna, jy moes ons lank­al gewaarsku het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters