Verlede maand
Dinge stram tussen RiRi en Shaggy ná misverstand
kan jy glo? ’n Lid van RiRi se span sê hy sou nooit vir Shaggy vra om te audition nie. Foto’s:getty images  ~ 

DAAR is ’n oor-en-weer-rusie tussen die reggae-ster Shaggy en Rihanna.

Dit gaan alles oor ’n feature op RiRi se negende studio-album, R9, wat glo ’n reggae-album is.

Kyk, as jy ’n reggae-album doen, dan moet die reggae-ikoon Shaggy daarop wees.

Maar volgens die “It Wasn’t Me”-sanger het hy nee gesê om op RiRi se langverwagte album te wees. Dis glo oor sy gevra het hy moet audition voordat sy saam met hom collab.

Maar die bestuurspan van die 31-jarige ster van Barbados sê dit is glad nie geval nie.

Wendy Williams vertel op haar talk show volgens RiRi se span was die album reeds klaar toe Shaggy se mense uitgereik het na Rihanna om op haar album te wees.

En aangesien die album klaar was, het hulle gevra dat Shaggy materiaal aan hulle moet stuur sodat hulle kan sien of dit inpas by die materiaal wat hulle reeds vir R9 bymekaargemaak het.

’n Jamaikaanse vervaardiger wat saam met RiRi aan haar album gewerk het, sê Shaggy het aan haar deur kom klop.

“Sy (Rihanna) het nog nooit vir enige kunstenaar gevra om te kom vir oudisies nie en ons het niemand gevra om dit te doen nie.

“Ek ken Shaggy en het die grootste respek vir hom oor hy iemand is wat so baie tot ons kultuur bydra. So, nee, ek sou nooit vir hom vra om te audition nie.

“Ek sal ook nie toelaat dat iemand aan ons kant vir hom vra om so iets te doen nie.”

Die Jamaikaanse vervaardiger het aan urbanislandz.com gesê hy wil anoniem bly, maar hy’t gevoel hy moet iets oor die Shaggy-ding sê oor hy nie wil hê die great werk wat hulle op die album gedoen het, moet diminish word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters