11 dae gelede
Dik drama staan einde se kant toe
topdrie: Marc Buckner, Jessica, Bridgette en Marisia. foto verskaf  ~ 

JULLE, wat sal die jaloerse Jessica makeer?

Daar was dié week The Bachelor SA groot drama toe Marc Buckner een van die drie oorblywende meisies – Jessica, Marisia en Bridgette – moes huis toe stuur op.

Nadat Jess stories oor die ander meisies na Marc aangedra het, het hy besluit om háár eerder huis toe te stuur – en dis tóé dat die vonke spat.

En nou praat ek nie eens van die oomblik toe die perdeliefhebber Marisia van haar rowwe perd afgeval het nie.

Ons weet mos Jess het dit klaar in haar kop gehad dat Marc aan die einde van die reis ’n ring aan haar vinger gaan steek. So, sy was lelik ontnugter toe Marc haar huis toe pos.

So hardkoppig soos Jess is, het sy by Marc aangehou om vir haar antwoorde te gee oor hoekom hy haar laat gaan.

Sy wou nie nee vir ’n antwoord vat nie. Kort voor lank was Marc in trane toe die tweetjies eenkant gaan praat. Jess moes soos die ander meisies haar verwerping aanvaar en aanbeweeg het met haar lewe. Maar nee, omdat sy entitled op Marc is, het sy soos ’n steeks donkie vasgeskop.

Ek blameer ook vir Marc, want teen dié tyd moet hy al ’n clue hê oor wie hy gaan kies.

Maar pleks van sy mind opmaak, vertel hy vir ál drie meisies dieselfde ding en hulle almal dink hy voel dieselfde oor hulle. So, in ’n mate kan ek verstaan hoekom Jess so reageer.

As ’n mens so na die trailer van die volgende episode kyk, dan is Jess steeds daar. Ek kan amper nie eens wag vir Donderdag nie.

Dit gaan groot sports wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters