17 dae gelede
Dié rol is vir Sandi lekker soos ’n Tracker
Dinamies: Sandi Schultz praat oor haar rol as Janina Mentz in Trackers. foto verskaf  ~ 

SY IS ’n intelligente, gefokusde vrou wat nie stront vat nie.

Kykers sou laas Sondag kennis gemaak het met die dinamiese Janina Mentz in M-Net se briljante reeks Trackers. Ons het dié week met Sandi Schultz (55) gesels oor haar rol as Janina.

“Sy is hoof van die PBI – die Presidential Bureau of Intelligence. Sy is gefokus op haar werk en niks is vir haar belangriker as haar land nie. Dít het sy al bewys toe sy as tiener­soldaat by MK aangesluit het,” verduidelik die aktrise.

Sy sê een van die lekker uitdagings wat sy in die rol ervaar het, was om te leer hoe om vuurwapens reg te hanteer.

Verskillend

Dit maak ons sommer méér opgewonde, want dit beteken mos ons gaan nog baie vuurwerk sien!

Die aktrise vertel sy en haar karakter is op die oog af baie verskillend.

“Janina het geen empatie as jy nie deliver wat jy moet nie.

“Maar ek het haar op ’n dieper level verstaan.

“Ons is om en by dieselfde ouderdom en het albei in dieselfde politieke tydperk op die Kaapse Vlakte grootgeword, so ek het gevoel ek weet waar sy vandaan kom.”

En presies hoekom moet ons vir die volgende vier Sondae 20:00 na Trackers kyk?

Sandy motiveer: “Die storie gaan jou meesleur met ’n hele spul kleurvolle karakters.

“En om te sien hoe die verskillende strands van die storie inmekaarvleg, gaan jou op die punt van jou stoel hou.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters