Verlede maand
Die perfekte colab
LEKKER HIT: Jy kan nou luister na Kelly Fortuin en TwinzSpin se song “Piece of Me”.  ~ Foto Verskaf

JY SAL jou beste moves moet uithaal vir Kelly Fortuin en die DJ duo TwinzSpin se nuwe single.

Ek het die week saam met die voormalige Idols-deelnemer gepraat oor hul nuwe song, “Piece of Me”.

Sy vertel sy het die songs self geskryf asook die vocals gedoen, terwyl die tweeling Jade en Shad Isaacs die song saam met Hamba Smallz en Tarenzo Bathathe vervaardig het.

Die “Do You Know”-sangeres pak uit: “Die tweeling se mammie, wat ook hulle bestuurder is, het eendag vir my gevra of ek nie ’n song vir hulle wil skryf nie.

“Hulle het my ander song gehoor en gedink dat ek mooi sal inpas by hulle spesifieke styl.

“Eendag het ek by hulle opgedaag vir ’n meeting en toe ek daar by hulle DJ-skool opdaag, toe sê hulle ons moet sommer die song doen. Ons het toe in die studio gegaan en ek het die song geskryf.”

Hoewel die song jou lekker gaan laat dans, gaan dit ook jou hart aanraak.

“Die single is geïnspireer deur my ouma. My oupa het afgesterf en my ouma het op die stoep gesit en met haarself gepraat. Sy het aan dementia gely. Sy het gesê dat sy my oupa mis en dat sy lief is vir hom.

“Ek het daaroor gedink en toe besluit om dit vas te vang in ’n song.

“Ek glo die song gaan ’n hit word. Julle kan die song op digitale platforms soos Spoti­fy en iTunes gaan aflaai­.­­

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters