13 dae gelede
Dié nagmark gaan ruk
ACTION! Equilizer (Ambrose Eppie en Q-Rock) tree ook op.  ~ Foto Verskaf

DIE Watergate Centre in Mitchells Plain in samewerking met Q&I Media Group (Pty) bied Saterdagaand ’n night market aan.

Dié event wil die gemeenskap se kunstenaars bymekaarbring en eenheid tussen mekaar versterk.

Daar sal kosstalletjies wees, ’n car show, vermaak, ’n marimba-groep en ’n jumping castle vir die jonges.

Pryse sal ook weggegee word.

’n Bobaas DJ sal ook seker maak dat mense die hele aand dans.

Die opkomende Q-Rock is die host vir die aand.

Talent

Van die artists wat optree, is Equalizer (Ambrose Eppie en Q-Rock), Mercy Junior, Jason Jonas, James Bhemgee, Gibbz, Celita, die Project 021-dansers, Peter Parker, Chad, Harvest Marimba group, Kelly en Chaddy B.

Mitchells Plain het talent en ons moet die jeug besig hou.

Bring jou hele gesin saam en geniet die aand.

Die event begin reeds 17:00 en behoort tot so om en by middernag aan te hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters