2 maande gelede
Die een is vir action freaks
in moeilikheid: Dié groep mercenaries bevind hulle in ’n bos in Afrika sonder ammo en met leeus in die nuwe feature film Rogue. foto’s verskaf  ~ 

NKUNZI van die hit series Trackers gaan binnekort weer op ons skerms wees, maar dié keer in ’n heel nuwe rol.

M-Net het dié week aangekondig hy het kragte saamgesnoer met Capstone en Mannequin om die nuwe speelfilm Rogue te maak.

Die local ster Sisanda Henna (Nkunzi) speel daarin.

Die Amerikaanse ster Megan Fox speel ook in Rogue, wat tans in Brittanje en Suid-Afrika geskiet word.

Lei

Henna is nie die enigste local ster in die fliek nie. Die Suid-Afrikaans-gebore Greg Kriek, Brandon Auret (van District 9, Chappie, Still Breathing), en Jessica Sutton (Kissing Booth, Motherland: Fort Salem) is van die local sterre wat in die fliek te sien sal wees.

Megan vertolk die rol van Samantha O’Hara, ’n magtige vrou wat ’n span huursoldate in Afrika lei op ’n sending om ’n groep ontvoerde skoolmeisies te red.

Dinge loop toe skeef vir die mercenaries en hulle bevind hulle in ’n bos sonder skietgoed. Hulle moet dan nie net die ontvoerders afweer nie, maar ook leeus.

Die span sluit in ’n voormalige Britse Royal Marine, Mike Barasa (Greg Kriek), ’n klipkop, siniese Suid-Afrikaanse sersant, Elijah (Brandon Auret), wat lid was van die land se spesiale mag.

Die one-time Keniaanse/Masai Al Shabab-vegter Pata (Sisanda Henna) join in om wraak te neem op sy dogter se killers.

Rogue word volgende jaar op dieselfde dag in Amerika en Suid-Afrika uitgereik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters