16 dae gelede
Die Biebs gooi shade Slim Shady se kant toe
rap-oorlog? Justin Bieber (links) kap na Eminem.Foto: the source.com  ~ 

JUSTIN Bieber het ’n hou na Eminem gemik en gesê die rapper verstaan nie die nuwe generasie van rap nie.

Dié hitmaker van “Sorry” het ’n screenshot op Instagram gelaai waar hy wys hy luister na Shady se song “The Ringer” op sy nuutste album, Kamikaze. Dié album het die Billboard charts in Brittanje en Amerika geklim met songs waarin hy Machine Gun Kelly, Drake, Lil Yachty, Lil Xan, Lil Pump en vele ander rappers diss.

Justin sê Eminem is agter die tyd, maar hy kom steeds op vir hom.

“Ek hou van Em se flow, maar ek like dit nie dat hy nuwe rappers diss nie. Ek hou van die generasie van rap, maar hy verstaan dit nie.”

Justin se post kan dalk onmin saai tussen dié twee wat voorheen in vrede hulle ding gedoen het.

Hy het glo twee van die “Lose Yourself”-rapper se songs in ’n club in Londen gecover. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters