4 maande gelede
Denzil druk deur om droom te leef
Vars talent: Van die ontwerper Denzil Pillay se uitrustings wat by die Sun Met te sien was.  ~ Sholtz Buys

DENZIL Pillay gee toe dis moeilik om in die modebedryf naam te maak, maar hy laat nie toe dat enige iets hom onderkry nie.

Die ontwerper en make-up artist glo: “Met ’n positiewe houding sal dinge uiteindelik in plek val.”

Dit klink na goeie raad, want sy uitrustings was vanjaar te sien by een van die hoogte­punte op die modekalender.

Pillay sê: “Dit was ’n voorreg om van my uitrustings by die Sun Met te wys. Dit het nogal baie aandag getrek.”

Deurbraak

Hy “beplan ’n Victoria Secret-modevertoning later die jaar” en belowe “dit sal over the top wees”.

Hy werk van die huis af, maar droom daarvan om sy eie winkel oop te maak en opkomende ontwerpers op te lei.

Pillay sê die struggle is real, maar “as jy ’n droom het, werk hard. Glo in jouself en moet nooit opgee nie.

“Op die regte tyd sal jou deurbraak kom. Druk deur en dinge sal uiteindelik vir jou uitwerk.”

Kontak hom by 078 169 3826.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters