26 dae gelede
Demi glo nou threesomes met Ashton was ’n fout
JOLLER: Ashton Kutcher het glo ’n threesome gebruik as verskoning om lekker te jol.Foto’s: GETTY IMAGES  ~ 

DEMI Moore (56) is nou spyt oor die twee keer dat sy en haar eksman Ashton Kutcher (41) threesomes gedurende hulle huwelik gehad het.

Die aktrise skryf in haar nuwe memoir, Inside Out, dat haar eksman later die threesomes gebruik het as ’n verskoning vir sy jollery.

Die tweetjies was vanaf 2005 tot 2013 getroud.

Radar Online berig sy wou net haar hubby se drange bevredig met die three­somes, maar nou glo sy dit was ’n fout.

“Ek wou hom wys hoe great en fun ek kan wees.”

In die boek skryf Demi sy het in 2010 reports gesien dat hy ’n 21-jarige vrou ontmoet het terwyl hy saam met haar oudste dogter gaan bowl het. Toe het hy met dié vrou in hulle huis gejol. Dít terwyl Demi uitstedig was om aan ’n movie te gaan werk.

Toe sy hom daaroor uitvra, het hy die threesome as verskoning gebruik.

Demi skryf hieroor: “Omdat ons ’n derde party in ons verhouding ingebring het, het dit die lyne geblur en tot ’n sekere mate geregverdig wat hy gedoen het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters