4 maande gelede
Daars 'n nuwe Mr. Gay World SA
charl van helsdingen
Charl van Helsdingen  ~ 

MNR. GAY WÊRELD SUID-AFRIKA het onlangs 'n nuwe titelhouer gekroon.

Charl-Jaquairdo van Helsdingen van Johannesburg is tydens die aanlyn kompetisie aangekondig.

In ‘n verklaring sê Mnr. Gay Wêreld Suid-Afrika: “Ons is trots om so ‘n sterk, kreatiewe en talentvolle individu te vind wat die Suid-Afrikaanse LGBTQ+ gemeenskap sal verteenwoordig.”

George Ungerer van Nelson Mandelabaar was tweede en in die derde plek was Mojalefa Lekanyane van Pretoria.

Vanjaar was daar ook ‘n venootskap met Guardians of our Earth aangekondig met ‘n spesifieke LGBTQ+ toekenning vir humanitêre werk wat in die LGBTQ+ gemeenskap gedoen word.

Die toekenning word gesamentlik gedeel deur Charl-Jaquairdo, Jonathan Larhein van Johannesburg en Thabang Phutsisi van Randburg. 

charl van helsdingen
Charl van Helsdingen
charl van helsdingen
Charl van Helsdingen
charl van helsdingen
Charl van Helsdingen
charl van helsdingen
Charl van Helsdingen
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters