Verlede maand
Cuba-hulle gryp nou na enigiets
sekspes? Cuba Gooding Jr. is aangekla van groping. Foto:getty images  ~ 

WAT gaan deesdae aan met die jagse mans in die filmbedryf?

Dan is dit baiekeer akteurs na wie ’n mens nogal opkyk.

Cuba Gooding Jr. is in Junie aangekla nadat hy op ’n vieslike manier aan ’n vrou in ’n bar in Manhattan gevat het.

Mark Heller, Cuba se lawyer, sê hulle het video footage en getuies wat die teendeel bewys.

Die 51-jarige akteur het onskuldig gepleit.

Aanklaers het ook nie die saak uitgegooi soos Cuba-hulle gevra het nie. Cuba-hulle sê die vrou is geestelik onstabiel.

Die verdediging het sosiale media gebruik en gesê die slagoffer se “brain was one big fat mess”.

Hulle sê ook sy was “starving to be seen”.

Manhattan se assistent-aan­klaer Jenna Long sê dit wat die verdediging sê, het niks met die feite uit te waai nie.

“Hulle wil haar net verneder,” meen Long. Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters