Verlede maand
Country-Ken en sy Barbie geboek vir die Grammys
Gwen Stefani en Blake Shelton gaan saam optree.  ~ AP

BLAKE Shelton (43) en sy grilfriend, Gwen Stefani (50), gaan volgende maand saam optree.

Die countrysanger het homself op Twitter en Instagram ’n Grammy performer genoem.

Dit lyk of hy en die popsangeres “Nobody But You” gaan sing. Dis op Blake se album Fully Load­ed: God’s Country.

“Dis een van daai songs: Hoe meer ek daarna luister, hoe meer hou ek daarvan,” het Blake ewe gesê.

Belangrik

“Ek besef ook nou hoe belangrik die song vir my is en waar ek nou in my lewe is. Ek dink dit is wat Shane vir my probeer sê.”

Hy het verwys na Shane McAnally. Dié het die song saam met Ross Copperman, Josh Osborne en Tommy Lee James geskryf.

Blake en Gwen het in September 2015 begin date nadat hulle mekaar op die stel van The Voice ontmoet het. – Daily­ Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters