3 maande gelede
Corona-virus skrik nie vir blou bloed

DIE paleis van Monaco het bevestig dat prins Albert van Monaco positief getoets is vir Covid-19.

Die 62-jarige miljardêr is mos getroud met ons girl die voormalige Suid-Afrikaanse swemmer Char­lene Wittstock, nou bekend as prinses Charlene.

Ek sien in ’n verklaring die paleis van Monaco sê hulle prins is oukei.

“Die toestand van sy gesondheid is nie ’n bron van kommer nie. Hy is op die oomblik by die huis onder self-kwarantyn en kry behandeling.

Vatbaar

“Prins Albert hou aan om vanuit sy kantoor by sy privaat apartments te werk.

“Hy is in permanente kontak saam met lede van sy kabinet en sy regering asook sy vernaamste collaborators.”

Intussen het die queen van Engeland ook laat hoor dat sy onder self-kwarantyn gaan.

As jy my vra, moes sy dit lankal gedoen het, sy trek mos nou al by 93. En ouer, brose mense is baie vatbaar vir Covid-19. Die queen sê in ’n verklaring dat sy en prins Phillip in isolation in Windsor gaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters