Verlede maand
Cops soek nou ster se lawyer
trouble bly naby: R. Kelly se bestuurder word gesoek.FOTO VERSKAF  ~ 

’N LASBRIEF is uitgereik vir die arrestasie van die R&B-sanger R. Kelly (51) se manager, James Mason.

TMZ berig hy word in die Amerikaanse deelstaat Georgia gesoek nadat hy Joycelyn Savage se pa gedreig het. Joycelyn is een van Kelly se girlfriends.

Timothy Savage het in Mei polisie toe gegaan en gesê James het hom gebel en gedreig.

Hy het glo gesê: “Ek gaan jou en jou familie seermaak. Wanneer ek jou sien, gaan ek jou kry en f*kk*n doodmaak.”

Die cops in die Henry-distrik het gesê hulle soek na Mason en wil hom sien oor sy “terroriserende dreigemente en optrede”.

Verlede jaar het Timothy en die Savage-familie gesê Kelly het van Joycelyn ’n seksslaaf gemaak en haar aangehou.

Joycelyn het dit in ’n video in die sosiale media ontken en die omstrede sanger het ook gesê dis ’n liegstorie.

Nadat Joycelyn se familie die bewerings gemaak én gesê het Kelly het die meisie gebreinspoel, het sy gesê: “Ek is geen hostage nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters