3 maande gelede
Clooney en sy gesin in gevaar
Targets? George Clooney en sy vrou, Amal, en hulle twee kinders. Foto: splash news  ~ 

GEORGE Clooney sê hy en sy familie is in gevaar.

Dit is omdat sy lawyer-vrou, Amal, in ’n Franse hof aan ’n saak werk waarby die Islamitiese Staat (Isis) betrokke is.

Die akteur van Catch-22 het aan die Hollywood Reporter gesê hulle het daagliks uitdagings wat sekuriteit betref.

“Ons wil nie hê ons kinders moet targets wees nie. Ons moet dus heeltyd katvoet wees.

“Ek het ’n pragtige vrou en twee pragtige kinders ... ek mis dit om met my kinders in Central Park te stap,” sê hy.

Amal is ’n menseregte laywer en sy soek geregtigheid vir vroue wat verkrag word en wie se menseregte geskend is deur Isis-ekstremiste in Irak en Sirië.

Sy het aan die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies gesê as die VN se sterkste liggaam nie die seksuele geweld in oorloë kan keer nie, moet die oortreders ten minste gestraf word. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters