2 maande gelede
Clint-hulle óók crime-slagoffers
eish! Clint Brink en sy vrou, Steffi van Wyk-Brink, was in ’n armed robbery. Foto: facebook.com  ~ 

NIE eens ons local celebs is immuun teen crime nie.

Ek lees op Channel24 dat die local akteur Clint Brink en sy vrou, Steffi van Wyk-Brink, ongedeerd is nadat hulle vuurwapens in hul gesig gekry het in ’n rooftog in Midrand verlede week.

Die akteur het hom mos tot Twitter gewend om oor hulle nagmerrie­ondervinding te praat.

Clint sê hulle het 2019 met ’n bang begin.

Hy en sy vrou en ’n paar ander mense was by die Woolies/Engen in Midrand toe hulle deur vier mans at gunpoint gehou is.

Volgens Clint het twee ouens by Woolies ingestap, guns uitgepluk en die cashiers beveel om die tills leeg te maak.

Daarna het nóg twee skobbejakke die etters gejoin, wat toe beursies en fone demand het.

Almal was gelukkig ongedeerd.

Clint het gevra dat almal maar tog net veilig moet try bly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters