2 maande gelede
Chloe x Halle verruil hulle velkleur vir niks
goue stemme: Chloe x Halle is vir ’n prys benoem.Foto: celebmafia  ~ 

ATLANTA soul sisters Chloe x Halle wil die wêreld wys net “hoe wonderlik dit voel om swart te wees”.

Dit volg ná hulle vertoning van “America the Beautiful” die afgelope naweek by Super Bowl LIII.

“Ons sal nie ons velkleur vir enige iets verruil nie. Ons is mal daaroor om swart te wees en is trots daarop,” het die 20-jarige Chloe Bailey gesê.

“As swart vroue voel ons bemagtig. Ons is nie bang om te sê wat ons wil nie.

“Ons skuld dit aan alle swart vroue wat voor ons hier was.”

Die R&B-sangeresse ding by die jaarlikse Grammy Awards mee vir die trofee vir die beste nuwe kunstenaars en die beste urban contemporary album.

“Dit voel steeds asof ons van die Grammy-benoemings droom,” het Halle Bailey (18) aan ’n tydskrif gesê. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters