Verlede maand
Cheswyn: Ek is dankbaar
Famous: Cheswyn Ruiters waardeer sy familielede en vriende. FOTO VERSKAF  ~ 

‘IN DIÉ tyd van Covid-19 het ek geleer ’n mens moet jou familie en vriende waardeer.”

Só vertel die eerste wenner van die realiteit-show Maak My Famous, Cheswyn Ruiters van Worcester.

“Ek is dankbaar vir die rus, want ons het almal sulke besige lewens­.

“Maar dis ook ’n tyd om aandag te skenk aan dit wat belangrik is.

“Ek skryf byvoorbeeld aan songs wat ek vir ’n lang tyd uitgestel het.

“Met die lockdown is alles skielik stopgesit en jy kan nou introspeksie doen en met ’n ander paar oë na die lewe kyk.

“My lewe het baie verander toe ek as wenner van Maak My Famous aangewys is en daarvoor is ek baie dankbaar.

“Ek het ook baie nuwe vriende in die musiekbedryf ontmoet.”

Ruiters vertel daar was baie wat vir sy downfall gesit en wag het.

“Maar as die Here met jou lewe ’n plan het, kan niemand dit keer nie.

Uitkoms

“Ek het in dié tyd kom leer daar is krag in gebed en as ons as Christene saamstaan, sal ons die stryd teen Covid-19 oorwin.

“Die Here stel ons nooit teleur nie. Bly vertrou en op die regte tyd stuur Hy die uitkoms.”

Ruiters sê sy gunsteling-gospelsangers is Tori Kelly en Jonathan McReynolds.

“Hul musiek dra ’n boodskap en vertel ’n storie van hoop.

“Kom laat ons gehoorsaam wees aan die government. Bly by die huis en wees veilig.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters