2 maande gelede
Charlize voel dit saam met Mzansi
Praat uit: Charlize Theron het mans in Suid-Afrika gevra om vroue te beskerm. Foto: Getty Images  ~ 

ONS goue girl het haar stem by dié van duisende betogers gevoeg wat hierdie week opgestaan het teen geweld teen vroue.

Die Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron het haar stem op Twitter dik gemaak oor die stygende moord- en verkragtingsyfers in haar Moederland.

Die girl van Benoni het twee dekades gelede headlines gemaak met ’n advertensie oor verkragting wat toe later verban is. Die ad met die slagspreuk “Regte mans verkrag nie” is van die TV verwyder nadat dit net een keer verskyn het.

Dit het egter weer die week opgeduik toe die local kunstenaar Lady Skollie dit op haar Instagram ge-share het.

Epidemies

Die bekroonde aktrise twiet: “Toe ek die ad in 1999 gemaak het, het ek gehoop dinge sou verander. Maar dit het nie. Verkragting en femicide is steeds groot epidemies in Suid-Afrika en dis duidelik dat die system vroue in die steek laat.

“Ons leiers kan nie aanhou om hulle blind te hou soos hulle met hierdie ad gedoen het nie.”

Charlize het toe ’n beroep aan alle mans in Mzansi gedoen om beter te doen.

“Aan al die mans in my land – beskerm asseblief ons vroue. Staan op en praat uit. Moenie net omstanders wees nie.

“Wys jou medebroer uit as jy sien hy is op ’n gevaarlike paadjie.

“Jy het die mag om dit te verander.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters