5 maande gelede
Charlize se goorste date ooit wou sommer sy neus orals insteek
hou nie terug: Charlize Theron vertel oor haar slegste date.Foto: getty images  ~ 

ONSE goue meisie se worst date was baie, baie gross.

Charlize Theron het dié week op die show Jimmy Kimmel Live vertel sy was een keer op ’n date met ’n ou wat ’n neus fetish gehad het.

Jimmy het haar gevra wat is die slegste date waarop sy al ooit gegaan het.

Die Oscar-bekroonde aktrise vertel: “In my 20’s het ek op ’n date gegaan met ’n ou wat regtig baie aantreklik was. En ek was regtig erg oor hom.

“Hy het my kom oplaai vir aandete en dit was lekker. Ek het toe by myself gedink dat die date goed verloop.

Giggel

“Hy het my by my huis afgelaai. Ons het toe begin soen en dit was regtig baie lekker.

“Toe trek hy weg en fluister: ‘Vry met my neus.’ ”

Die girl van Benoni het uitgebars van die lag toe sy byvoeg: “Ek was regtig into dit en ek het begin giggel. Dit was so goed, ek wou dit nie opmors nie.

“So, toe gee ek hom ’n piksoentjie op die neus en hy het toe in ’n diep sexy stem gevra ek moet met sy neus vry.”

’n Mens kry vreemde mense daar buite, nè?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters