3 maande gelede
Channing vat malletjie vas
speel nie: Channing Tatum het ’n restraining order teen ’n vroulike stalker uitgeneem wat by sy huis ingebreek het. foto verskaf  ~ 

CHANNING Tatum speel nie saam met stalkers nie.

Die akteur van Magic Mike het ’n fan hof toe gesleep wat vir tien dae in sy huis in Hollywood uitgekamp het nadat die stalker by sy pozzie ingebreek het.

Volgens E! het Channing ’n restraining order by ’n hof in Los Angeles aangevra teen die moedswillige stalker, wie se naam glo Chantal is.

In die hofdokumente maak die akteur dit duidelik dat hy uitge-freak is deur die malletjie se inbrekery.

“Die optrede van die respondent laat die rooi ligte vir my afgaan.”

Hy skryf ook dat dit nie sy eerste keer is dat hy te doen het met die stalker fan nie.

“ ’n Vreemdeling wat laas jaar ongenooid by my huis opgedaag en weer onlangs by my huis ingebreek en voorgegee het om daar te bly, het my en my familie onveilig laat voel en emosionele stres veroorsaak.”

Channing se assistent het die vrou laas week in die huis “ontdek”.

Hy het ’n citizen’s arrest gedoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters