3 maande gelede
Celine vat die ‘koek’ by show
NIE GOEIE LOOK: Celine Dion wys haar panty. Foto: mega  ~ 

CELINE Dion het ’n wardrobe mal­function gehad toe sy by die Alex­andre Vauthier Haute Couture Fashion Show in Parys opgedaag het.

Die 51-jarige sangeres van “My Heart Will Go On” het in ’n minirok opgedaag en haar panty vir die wêreld gewys.

Sy lyk besonder maer én weird in haar outfit.

RadarOnline.com noem ook sy is vreesaanjaend skraal.

Die gewese superster is ook bekend vir haar vreemde fashion-smaak.

Opgegee

Dié keer het die Kanadese ster egter die “koek” gevat met haar outfit. En dit lyk nie eens of sy dit besef nie.

Sy het ook haar huis in Las Vegas opgegee.

’n Informant het aan Radar gesê die sangeres het baie gewig verloor nadat haar man, René Angélil, in 2016 weens keelkanker dood is. RadarOnline

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters