17 dae gelede
Celebville is hier vir Halloween
pragtig: Ayanda Thabethe as Beyoncé. Foto’s: Instagram  ~ 

EK IS glad nie ’n fan van Halloween nie, maar ek kén ’n goeie outfit as ek dit sien!

Dié week het mense ver en wyd Halloween gevier – en daar was vir jou great outfits!

Hier’s my topvyf looks.

  • My mond het oopgehang toe ek ons local girl Ayanda Thabethe sien. Sy’t geskitter in ’n replica van die geel rok wat Beyoncé by die première van The Lion King aangehad het.
  • Ciara en haar man, Russell Wilson, het gegaan as die Carters – Beyoncé en Jay-Z. Die paartjie het op ’n haar gelyk soos die Carters in hulle musiekvideo van die hit “Apeshit”.
  • Dan is daar Ellen DeGeneres, wat haar lyf Cardi B gehou het. Sy het haar sommer Cardi E gedoop!
  • Khloé Kardashian kry ook ’n nod van my kant af vir haar over the top Cruella de Vil outfit met haar dogtertjie True neffens haar en ’n klomp Dalmation-honde rondom hulle twee.
  • Dan is daar onse nuusleser van Smile FM Lesley Piet, wat ’n standing ovation vir haar Normani outfit verdien. Sy’t te oulik gelyk in die wit outfit met die pienk graph­ics daarop en lang linte daarby! Lekker, Lesley!
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters