26 dae gelede
Cardi het dalk bad blood(s)
Gangster?: Cardi B sê sy is soort van nie ’n gangster nie. Foto’s: getty images  ~ 

IS CARDI B ’n gangster of nie?

Die rapper en mammie van die eenjarige Kulture moes omtrént vir haar wickets keer toe die rapper Tekashi 69 in sy hofsaak getuig dat Cardi ook nommer gevat het.

Volgens die omstrede Tekashi 69, wat ’n lid van die Nine Trey Bloods-bende is, is Cardi B lid van die Bloods-bende.

Hy sê hy het geweet Cardi B was lid was van die Bloods gang, maar hy het nie juis veel aandag aan haar gegee nie.

En julle weet mos Cardi is nie op haar bek geval nie. Sy het toe kommentaar op Tekashi se getuienis gelewer.

Erken

Ek lees op E! Online sy het ’n kort clip gepost, een van die beste en gewildste memes, waarin Keke Palmer sê: “Ek haat om dit te sê, ek hoop ek klink nie belaglik nie, maar ek weet nie wie die man is nie. Jammer aan die man.”

In ’n twiet wat nou natuurlik delete is, erken Cardi sy is lid van die Brim Bloods-bende en nie ’n Nine Trey nie.

“Ek was nog nooit Nine Trey of met hulle verbind nie.”

In die verlede het sy erken sy was ’n lid van die subgroep die Bloods, maar sy het die gang gelos toe sy begin strip het.

Selfs ek is nou confused. Is Cardi ’n gangster, was sy ’n gangster of het sy net bande met gangsters ?

Net Piet sal wiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters