2 maande gelede
Cardi B klap trolbek toe
BAAI, Felicia: Cardi B het ’n troll mooi op haar plek gesit. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

CARDI B is nou gatvol vir almal wat sê sy skryf nie haar eie songs nie.

Die rapper het ’n troll op Twitter goed die kop gewas oor die persoon beweer het sy gebruik spookskrywers.

Die troll wou weet hoe die nuwe mammie dit gemaak het tot op die Billboard Top 100 Songwriters charts as sy nie self die pen optel en skryf nie.

Die 26-jarige ster het geskel: “Dit is oor ek baie van my eie goed skryf, daai is die ding!”

Die rapper het nie daar opgehou nie. Sy het verduidelik sy kry soms mense wat haar help skryf, maar confirm sy skryf die meeste van haar musiek self.

“Ja, nes elke ander kunstenaar het ek ’n paar skrywers wat my help om hooks te skryf, maar ek het baie van my songs op my album geskryf, veral op my mixtape.

“Julle sê julle eie goed en glo net wat julle wil. Julle wil die stront so graag glo, maar vreet dit, teef.”

Sjoe, ek dink nie daai troll sal gou weer vir Cardi kom nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters