10 dae gelede
Cannes vereer Sly met eerste en vyfde Rambo
‘action man’: Sylvester Stallone speel weer in ’n Rambo movie.Foto:Bloody Disgusting  ~ 

SYLVESTER Stallone gaan teaser images onthul van die vyfde aflewering van die Rambo franchise, by die Cannes-filmfees later die maand.

Dié fliek, wat later vanjaar uitgereik word, heet Rambo V: Last Blood. Snippetsdaarvan gaan gewys word om die 72-jarige Amerikaanse akteur se loopbaan te vereer.

Stallone het in die 80’s bekend geword vir sy aksie movies. Hy was al etlike kere by Cannes. In 2014 het hy die aksiefliek The Expendables 3 promote waarin hy saam met Arnold Schwarzenegger en Harrison Ford te sien is.

Sly Stallone se eerste Rambo movie was Rambo: First Blood wat in 1982 uitgebring is. ’n Nuwe weergawe van die movie gaan ook by Cannes gewys word. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters