2 maande gelede
Britney wil haar kinders meer sien
Mik hof toe: Britney Spears het tans 30% toesig oor haar twee seuns.Foto: getty images  ~ 

BRITNEY Spears (38) is reg om weer hof toe te gaan om te baklei vir gelyke toesig oor haar twee seuns.

Ek sien op The Wendy Williams Show ’n hof het die “Toxic”-sangeres in September net 30% toesig oor haar seuns saam met haar eks-man Kevin Federline toegestaan.

Kevin het 70% toesig oor die seuns – Sean Preston Federline (14) en Jayden James Federline (13).

Doel

Britney is glad nie hêppie oor dié toedrag van sake nie en wil glo vroeg in die nuwe jaar hof toe gaan sodat sy meer tyd saam met haar tienerseuns kan deur bring.

Die twee seuns bly tans saam met Kevin, sy vrou en sy vier ander seuns.

Intussen betaal Britney iewers noord van $20 000 (R290 770) per maande papgeld aan hom.

’n Ingeligte vertel aan Us Weekly die mammie gaan darem dié feestyd tyd saam met haar laities deurbring.

“Sy gaan die seuns op Oukersaand by haar hê en dan gaan hulle op Krismisdag na hulle pa toe.

“Britney se doel in die nuwe jaar is om gesinshof te gaan en aansoek doen vir meer toesig oor haar seuns.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters