2 maande gelede
Britney kom 2de in hof
HOEStyd: Britney moet nou nagenoeg R1,6 miljoen vir haar eks se regskoste betaal. Foto:GALLO IMAGES  ~ 

BRITNEY Spears sal diep in haar sakke moet krap om haar eksman se regskoste te betaal nadat sy geweier het om meer papgeld te betaal.

’n Hof het dié popster beveel om $110 000 (sowat R1,6 miljoen) aan Kevin Federline, haar eks, te betaal nadat sy hom hof toe gesleep het oor sy nie meer geld vir die onderhoud van hul twee bloedjies wou gee nie.

Die tweetjies se kinders is Sean (12) en Jayden James Federline (11).

Dis mos nou al lank dat die tweetjies in ’n bitter stryd om papgeld gewikkel is.

Kevin het meer papgeld gesoek en Britney het bloot net geweier om meer tjieng te betaal.

Kevin meen Britney moet haar papgeld aanpas, want haar kinders word groter en ouer, en hul behoeftes verander.

Maar Britney meen weer Kevin soek net meer geld sodat hy vir sy ander familie met haar geld kan onderhou.

Die “Toxic”-sangeres betaal “net” $20 000 (sowat R250 000) papgeld per maand.

Dit sou oorgenoeg gewees het vir ’n normale gesin, maar ons praat van die kids van ’n popster.

Hulle is net aan die beste gewoond. Hulle is natuurlik in ’n privaat skool en hulle moet ook sekuriteit hê oral waar hulle gaan.

En ons almal weet mos tieners is behep met die nuutste gadgets en namelekkers. As ’n mens só na die saak kyk, dan kan daai R250 000 seker nogal ’n bietjie min wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters