2 maande gelede
Blye tyding in sy musiek
Wil genees: Ricardo Burnett hou ’n konsert op 27 September.Foto: Facebook  ~ 

“MY BEGEERTE is dat my musiek gebroke harte sal bereik.”

Die gospelsanger Ricardo Burnett van Ottery is baie opgewonde, want sy hart loop oor van vreugde vir wat die Here in dié seisoen van sy lewe doen.

Musiek van sy eerste EP, Glorious Grace, word gereeld op Radio Tygerberg en Radio CCFM gespeel. En nou maak hy hom ook reg vir ’n konsert.

Burnett vertel daar was ’n tyd toe alles in sy lewe donker was.

Antwoord

“Maar die Here se onvoorwaardelike liefde het my herstel en ’n tweede kans gegee.

“Ek is dankbaar dat ek die blye boodskap in sang kan verkondig. Jesus is die hoop en antwoord vir al ons probleme in die land,” vertel die sanger.

Ricardo se konsert word produce deur Helmut Meijer (wat ook gaan optree). Dit vind op 27 September by die Vredelust-kerk in Bellville plaas. Die gaskunstenaars is Euclid Jacobs, Thatyiswa Limba, Shana Ray, Eugene Wayne en Carlo Fransman.

Die konsert begin 19:30 en kaartjies kos R100. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters