9 dae gelede
Biebs, Hailey sê geen seks werk
SELIBAAT: Justin Bieber en Hailey Baldwin lyk verlief. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DALK praat dié tweetjies die waarheid, maar ek glo hulle nie.

Die model Hailey Baldwin (22) en die sanger Justin Bieber is mos onlangs getroud.

Hulle het net 12 weke gedate voordat hulle in September in ’n hof in New York getroud is.

Die glans couple het aan die tydskrif Vogue gesê hulle het nie seks gehad voordat hulle getroud is nie.

Intieme foto’s van hulle verskyn nou in dié tydskrif.

Al twee het gesê om selibaat te wees, was die beste besluit wat hulle kon geneem het.

Hulle het ook erken om getroud te wees, “sal altyd moeilik wees” en het gesê dis nie ’n “magical fantasie” nie.

Justin vertel sy godsdiens-oortuigings het hom gekeer om seks te hê.

“God vra ons nie om nie seks te hê omdat daar reëls is nie. Hy wil net hê ons moet beskerm word teen pyn en lyding.

“Soms het mense net seks omdat hulle nie goed voel oor hulleself nie.” DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters