4 maande gelede
Bieber act soos kind
gatvol: Hailey Baldwin bevraagteken haar rol as Biebs se vrou. Foto’s: getty images  ~ 

DIE Biebs se vrou voel meer soos sy ma as sy vrou.

Só verklap ’n bron aan radaronline oor Justin Bieber (25) se vroutjie, Hailey Baldwin (22).

Volgens dié ingeligte persoon is die supermodel gatvol van ma speel vir die “No Brainer”-sanger, wat glo aangaan soos ’n tiener.

Die bron skinder: “Sy bestuur letterlik elke aspek van sy dag en sy bekommer haar gereeld oor sy geestestoestand.

“Dít terwyl hy rondspeel en haar prank en terroriseer soos ’n onvolwasse skoolseun.”

Die ingeligte bron vertel verder dat Hailey se nuwe verantwoordelikhede haar net haar rol as sy vrou in die toekoms laat bevraagteken.

Die nuwe vroutjie is glo te bang om haar uit te druk omdat haar man emosioneel onstabiel is.

Kyk, dis heeltemal te vroeg in dié huwelik om al sulke groot probleme te hê.

Die tweetjies het mos laas jaar in September in ’n privaat seremonie afgehaak.

Hulle moes maar eerder gewag het met die huwelik... Ek meen maar hulle het geweet van sy mental health issues. Ons kyk maar hoe lank dié Hollywood-huwelik hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters