2 maande gelede
Ben gaan rehab toe ná Jen se huisbesoek
heartbroken: Ben Affleck en LIndsay Shookus toe hulle nog ’n couple was.Foto: backgrid  ~ 

BEN Affleck is nou wynskool toe.

Vriende van die akteur en filmmaker het aan Page Six gesê hy sukkel sedert hy en sy longtime girlfriend Lindsay Shookus opgebreek het.

Sy eksvrou, Jennifer Garner, het glo die week ingegryp en gesorg dat hy by ’n rehab inboek.

TMZ berig Jennifer het na Ben se huis in Pacific Palisades gegaan en hom gesmeek om hulp te kry.

Sy het glo nie erg gesukkel met hom nie en die twee is na die rehab.

Ben en Jennifer het in 2015 gesplit nadat hulle 10 jaar getroud was. Die twee het drie kinders saam.

Ben is ná hy en Lindsey opgebreek het saam met ’n Playboy playmate Shauna Sexton gesien.

Sexton hou glo van die aandag sedert foto’s van haar en Affleck in die media begin verskyn het.

’n Insider sê hy gaan tans deur ’n moeilike tyd.

“Dis onseker wat sy verhouding met Lindsay is en dan struggle hy nog met sy verhouding met Jen.

“Dis nie maklik vir hom nie en hy sukkel om op die reguit pad te bly.”

Foto’s is al geneem waar hy drank bestel en dit by sy huis afgelewer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters