3 maande gelede
Becks en Posh vier 20 j. saam
stylvol: Victoria Beckham se man, David, het sy liefde aan haar verklaar. Foto’s: getty images  ~ 

DIE Beckhams is sowaar couple goals.

Kyk, in Hollywood wemel dit mos van kitshuwelike. Daarom is dit beslis só wonderlik om te sien dat die oud-popster Victoria Beckham en die oud-sokkerster David Beckham se huwelik nog sterke biene het.

Posh, wat deesdae haar lyf mode-ontwerper hou, en Becks het die week hulle 20ste huweliksherdenking gevier.

Na my mening is die twee een van die mees ikoniese couples in die celeb-wêreld. Dis baie selde dat ’n mens hoor van enige skandaal waarby die twee betrokke is.

Uitgebasuin

Nie net is hulle die ouers van vier pragtige kinders nie – Brooklyn, Romeo James, Harper Seven en Cruz – hulle is ook suksesvolle sakevennote.

Die sokkerster het ’n hele paar kiekies van hulle groot dag in 1999 gepost en sy liefde vir die voormalige Spice Girl aan sy 56,8 miljoen followers op Instagram uitgebasuin.

Saam met die throwback-kiekies skryf hy: “Sjoe, 20 jaar! Kyk wat het ons geskep. Ek is so baie lief vir jou.”

Ek lees op elle.com die twee het 20 jaar gelede op ’n baie spoggerige seremonie in die asemrowend mooi Luttrellstown Castle afgehaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters