17 dae gelede
Bands kry groot kans
Show af: Plaaslike bands kry die geleentheid om hulle staal te wys, net soos dié band op laas jaar se MosJazz-fees. Foto’s: Peter Abrahams  ~ 

IS JY ’n musikant wat daarvan droom om op ’n groot fees soos die MosJazz-fees se stage te perform?

Wel, ek het goeie nuus vir jou!

Volgende Sondag (16 Junie) kry bands van die Suid- en Oos-Kaap die kans om die organiseerders van dié suksesvolle fees te beïndruk.

Vanjaar se fees begin op 28 November en duur tot 2 Desember.

Rook

Die oudisies gaan wees in die Bravo Lounge by die Garden Route Casino, waar die launch van die fees gehou gaan word.

Clarence Ford van Camissa Solutions sê hulle wil local musikante die kans gee om te wys hulle kan die pyp op so ’n groot stage rook.

“Ons weet musikante in die Suid-Kaap is hard aan die werk en dit is hulle kans om ons te wys hoe hulle gegroei het.

“Ons kan dalk interact en hulle help, indien nodig, om selfs nog meer in die bedryf te groei.

“Ons wil positiewe terugvoer gee aan diegene wat nog nie daar is nie.

“Maar hierdie is ’n jaarlikse fees en elke musikant wat daarvan droom om op die verhoog te wees, gaan eindelik ’n kans kry as hulle hard werk aan hulle godgegewe talent.”

Bands word gevra om hulle eie instrumente te bring. ’n Drum kit, keyboard en amplifier sal wel voorsien word.

Volgende Sondag se formaliteite begin 18:00 en die oudisies begin 19:00.

  • Bands wat belang stel om aan die oudisies deel te neem, kan Calvin Peters gerus kontak by info@unclecal­music.com.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters