3 maande gelede
‘Baie druk op Lovato’
gee om: Sean Paul meen dis die musiekbedryf se skuld dat Demi Lovato ge-relapse het.Foto’s verskaf  ~ 

DIE rapper Sean Paul gee die druk van die musiekbedryf die skuld vir Demi Lovato se relapse.

EWN berig hy ken die “Sober”-sangeres goed, want hulle het al verskeie kere saamgewerk.

Hy sê sy het geknak oor daar so baie van haar as popster verwag word.

Sean Paul pak uit: “Die musiekbedryf is buitensporig. Ons werk altyd in studio’s, tree op en ons reis.

“Soms voel jy net jy het ’n break nodig en daai break neem jou gewoonlik na dinge wat jou nie eintlik ’n break gee nie.”

Sean (45) staan bankvas agter Demi.

“Ek wil net liefde uitstuur na Demi. Sy is ’n pragtige meisie en ’n wonderlike kunstenaar.

“Daar is geen skaamte nie. Som­mige (entertainers) besef dinge raak buite beheer voordat dit te laat is, maar hulp word nie altyd aangebied wanneer dit nodig is nie.”

Demi (25) is tans in die hospitaal nadat sy laas week ge-overdose het.

Haar familie maak glo planne om haar so gou moontlik by ’n rehab in te boek sodra sy uit die hospitaal ontslaan is.

Sy het ge-OD net enkele weke nadat sy in haar song “Sober” erken het sy het teruggeval in haar slegte gewoontes nadat sy vir ses jaar nugter was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters