Verlede maand
Bachelor skop twee uit
HARTEBREKER: Marc Buckner het begin uitdun onder die girls in sy harem.  ~ Foto Verskaf

AMOR Kruger gaan nie die toekomstige mev. Buckner wees nie en nog minder gaan Michaela Liebenberg daai ring dra.

Ons nuwe bachelor, Marc Buckner, het die twee dames Donderdagaand huis toe gestuur tydens die eerste episode van The Bachelor SA se tweede reeks.

Sjym, en dit nadat Amor met ’n posh kar op die rooi tapyt opgedaag het, met “Future Mrs. Buckner” daarop geskryf.

Die bachelor het die pap ook dik aangemaak deur te sê sy lyk soos ’n Egiptiese koningin.

Geen wonder die danser van die Blou Bulle het so platgeslaan en tranerig gelyk toe sy nie van Marc se rose kon kry nie.

Michaela was net so gebroke toe sy ook ’n lange uit die bachelor mansion moes gooi. Sy’t agterna gesê: “My hart het in my skoene gesak. Ek was baie teleurgestel.”

Ek moet sê daar is ’n hele paar meisies wat lekker spicy is. My gunsteling is natuurlik die mooi Qiniso van Damme.

Vererg

Dan hou ek ook van Nolo Moloi.

Ek het my sommer lelik vererg vir die voor-op-die-wa en amper ongeskikte soldaat-lawyer Tamryn Muller.

Laat weet ons gerus via ons sosiale media wie jou gunsteling-meisie in die bachelor mansion is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters